Sunday, September 6, 2009

1 comment:

  1. Hi Conrad,
    Ek is trots om amptelik die 2de follower te wees, mag die res hulle beentjies stomp hardloop en hulle vingers in krampe intik om ook te join.

    Is nou vars terug van die Pta skou en was dit n hoogtepunt! Al die harde werk het bymekaar gekom en die mooiste perd (seker maar net my opinie) en die mooiste ruiter het uiteindelik mekaar verstaan en gewen! Baie geluk aan Ammie en True Illusion. Ek het gesien hoe hard julle 2 gewerk het en ek is TROTS op julle sukses. Nou moet die res maar bang wees elke keer as julle 2 saamspan en deelneem!

    Aan al die ander deelnemers en wenners, baie geluk. Ek is seker al julle harde werk en tyd wat julle ingesit het was die moeite werd.

    Almal wat nog sukkel en frustreerd is met n perd, werk net hard en gee hom liefde. Dis sal regkom, en julle sal verbaas staan en jubel wanneer dit alles regkom!

    Die skou hier Pta was sommer heerlik en ek wil ook dankie se vir die manne in die baan wat die heeldag die son aangepak het. Julle is puik!

    Een van die dae sien ek ook dat ek n perd gaan koop, en dan is ek seker heeltemal gevang, maar tot dan is ek n ywerige toeskouer!

    Sien julle almal op Parys!

    ReplyDelete