Nadat ek gesien het hoe suksesvol die All American Cup van Jim Aikman in Indiana is en my eie meer onlangse ondervinding met die Blue Grass Futurity waar die hingsvul, Sir Clarence Ronald, meer as $30000 verdien het as 6 maande oue vul, het dit my aan die dink gesit.
Ons behoort ‘n soortgelyke “incentive” program vir telers in Suid-Afrika te begin.
Na deeglike oorweging en konsultasie met telers is besluit om hierdie program reeds hierdie teel seisoen te begin sodat ons die voorgestelde klas alreeds in 2011 kan aanbied.Dit sal die Middelburg Speenoud Futurity (MSF) genoem word en sal elke jaar saam met Middelburg (Oos-Kaap) skou plaasvind (begin Maart)
Die rede hoekom op Middelburg is voor die handliggend. Middelburg het ‘n klomp eerstes in die S.A. perde bedryf en dit is sentraal. Die skou is ook ideaal om speenoudvullens te skou sonder dat hulle geskeer hoef te word. Mei in Bloemfontein is te naby aan die winter en Parys is weer te laat. Die meeste vullens word tussen September en Desember gebore wat Middelburg se datum ideaal maak.
Aangeheg is die basiese reëls
Dankie vir julle belangstelling en vir die lees van die voorstel! Ek dink daar is ‘n interessante bloeitydperk wat vir ons Saalperdbedryf voorlê as ons kreatief begin dink!Ek het ongelukkig nie alle hingseienaars se e-pos adresse of kontak nommers nie. Indien julle van iemand weet wat dalk sou belangstel en nie hierdie e-pos of kopie gekry het nie, stuur dit asb vir die persoon of persone, en indien hulle belangstel kan hulle my kontak by newline@mweb.co.za
huis tel 021 9888234
of selfoon 082 807 3342.
Vriendelike groete,
Ross Millin